MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Inwoner keelvol vir kragprobleme en oop mangate in Randgate

Wynand Kaltwasser, 'n inwoner van Randgate, is al moeg daarvoor om die oop mangat en kragprobleme by sy huis in Henningstraat aan die munisipaliteit te probeer rapporteer.

In die afgelope 10 jaar wat Wynand Kaltwasser in Henningstraat in Randgate woon, het hy die een munisipale probleem na die ander ervaar.

ā€œOns het onlangs ā€˜n groot probleem met die kragpaal oorkant ons huis gehad. Terwyl ons weg was oor Desember het die krag afgegaan en dit het die munisipaliteit ā€˜n week geneem om dit reg te maak. Ons het groot skade gely, want al ons vleis het ontvries en vrot geword. Ons wag nog vir terugvoer daaroor,ā€ het hy gesĆŖ.

Die Kaltwasser-huishouding het in Desember al die vleis in hul vrieskas verloor toe hulle vir ‘n week sonder elektrisiteit was as gevolg van ‘n probleem by diĆ© kragpaal. Foto: Jaco-Mari Futcher

Minder as twee weke gelede was hul huishouding weer vir ā€˜n dag sonder elektrisiteit omdat drade aan dieselfde paal probleme gegee het. Dit is egter nie al munisipale probleem wat hulle die afgelope tyd ervaar het nie.

ā€œNet oorkant die pad is daar ā€˜n oop mangat wat baie gevaarlik vir voetgangers is. Die munisipaliteit het lank terug die mangat oopgemaak om aan ā€˜n drein te werk, maar hulle het dit nooit toegemaak nie. Ons het dit nou met ā€˜n plank toegemaak, maar dis steeds ā€˜n gevaar.ā€

Wynand Kaltwasser het ‘n op versteekte brandkraan op die sypaadjie voor sy huis in Henningstraat in Randgate afgekom. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hy het ook onlangs ā€˜n versteekte brandkraan op die hoek van sy erf ontdek.

ā€œEk het besluit om die sypaadjie laer te maak, want die reĆ«nwater loop in my erf in. Terwyl ek die grond uitgehaal het, het ek op ā€˜n versteekte brandkraan afgekom. Dit bekommer my dat die brandkraan versteek was, want hoe sou die brandweer in ā€˜n noodgeval daarby uitgekom het? Niemand weet hoe lank dit so was nie,ā€ het hy gesĆŖ.

Hy is nou bekommerd dat die brandkraan se deksel gesteel gaan word. Hy het ook gesĆŖ dat dit byna onmoontlik is om enige van die probleme aan die munisipaliteit te rapporteer want hulle stuur mens Ć³f van die een persoon na die ander Ć³f niemand beantwoord die telefoon nie.

Volgens Wynand is DA-wyksraadslid Sina Erasmus altyd baie behulpsaam en is ā€˜n goeie tussenganger tussen inwoners en die munisipaliteit.

ā€œSy help ons altyd om die grootste probleme op te los, al neem dit die munisipaliteit so lank.ā€

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button