School sportSport

Ram-atlete blink uit

Laerskool Randfontein spog met ses atlete wat in die D2-span opgeneem is.

Laerskool Randfontein (Ram) se atletiekseisoen het reeds in 2018 suksesvol begin, met Rikus Kruger aan die stuur van sake.

“Die seisoen het verskeie hoogtepunte opgelewer, met ons jong atlete wat menige rekords geslaan het. Die jongste rekord wat geslaan is, staan agter die naam van Denienke Vorster wat ‘n afstand van 10,22m in die o.10-gewigstoot behaal het,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

Op die foto is Luandré Harmse, Sharon Swart, Rikus Kruger, Mariska Marx, Carmi Potgieter met Duné Parrott voor. Foto: ingestuur

Annie het gesê dat Ram baie trots is op hul atlete wat tydens die afgelope seisoen uitstekend gevaar het. Tydens die D2-atletiekbyeenkoms het ses van hul atlete in die eerste twee plekke geëindig en is in die D2-span opgeneem.

“Hulle is Mariska Marx in die 150m-hekkies vir o.12’s, Sharon Swart in die diskus en gewigstoot vir o.12’s, Denienke Vorster in die gewigstoot vir o.11’s, Carmi Potgieter in die 1 200m vir o.10’s, Duné Parrott in die 1 200m vir o.10’s en Luhandré Harmse in die 60m en 80m vir o.9’s.”

Die atlete neem op 1 en 2 Maart aan die Gauteng Atletiekbyeenkoms deel.

“Die hoof en personeel van Ram is baie trots op die atlete en wens hul alle sterkte toe,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button