NewsSchools

Rappies staan op teen boelies

AfriForum se Boeliepolisie het Laerskool Rapportryer geleer dat maats mekaar moet opbou en nie afbreek nie.

AfriForum het onlangs Laerskool Rapportryer (Rappies) se leerders ‘n les of twee geleer tydens die Boeliepolisie se besoek.

“Op Vrydag, 8 Februarie het hulle ons leerders geleer wat die definisie en impak van boelies is. Ons is ook bewus gemaak van ons rol om boelies teë te staan. Deur ander te help en by te staan leer ons dat twee tog beter is as een,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.

Die leerders is ook geleer van die wapenrusting van God, sodat hul hulself elke dag kan beskerm teen lelike woorde en dade wat hul harte seermaak. Die Boeliepolisie se gelukbringer, Matteus, het vir die leerders gewys hoe belangrik die wapenrusting is.

“Ons hoop dat elke kind sal weet dat hulle spesiaal is, dat hulle saak maak en dat hulle ander ook met respek moet behandel. Kinders is geleer om hul maats op te bou en nie af te breek nie. Ons by Rapportryer wil ‘n verskil maak deur die verskil te wees.

“Baie dankie AfriForum se Boeliepolisie, Leandi Bräsler en die gelukbringer vir die bydrae wat julle gelewer het om Rappies ‘n beter plek te maak,” het sy bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button