NewsSchools

Riebeeckrand blink uit in redenaars

Hoërskool Riebeeckrand se leerders het baie goed presteer tydens hul interne redenaarskompetisie.

Hoërskool Riebeeckrand se leerders het hulself tydens ‘n interne redenaarskompetisie goed van hul taak gekwyt.

Dié jaarlikse kompetisie is op Dinsdag, 5 en Donderdag, 7 Februarie gehou.

Devonique Breedt, Ansuné Reynolds en Christelle Vosloo is aangewys as die top drie in Graad 10. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die leerders het voorgeskrewe onderwerpe gehad waaroor hul toesprake moes handel. Die beoordelaars en gehoor is ure lank deur die talentvolle leerders se insiggewende en interessante toesprake vermaak.

“Van dié deelnemers gaan eersdaags aan die ATKV-redenaarskompetisie deelneem en later vanjaar gaan ons onderskeie grade se spanredenaars aan die Radikale Redenaarkompetisie, Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika (NEA) en Raca deelneem,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, gesê.

Ntokozo Ncama, Ofentse Sefolo en Kaydia Pretorius is aangewys as die top drie in Graad 8 vir Eerste Addisionele Taal. Foto: Ingestuur

Die top wenners van elke graad tydens die interne redenaarkompetisie is soos volg:

• In Graad 8 was Rick van den Berg eerste met Abigail Lombard tweede en Meghan Kelly derde.

• In Graad 8 (Eerste Addisionele Taal) was Ntokozo Ncama eerste met Ofentse Sefolo tweede en Kaydia Pretorius derde.

• In Graad 9 was Marli Theunissen eerste met Carli Rall tweede en Kayla Smuts derde.

• In Graad 10 was Devonique Breedt eerste met Ansuné Reynolds tweede en Christelle Vosloo derde.

• In Graad 11 was Werner Gabriël eerste met Tyllin Barnard tweede en Annamarie Bekker derde.

• In Graad 12 was Cristasjha van der Linde eerste met Charisse Visagie tweede en Mapule Diale derde.

Rick van den Berg is as die algehele junior wenner en Devonique Breedt as die algehele senior wenner aangewys.

“Ons wens al ons redenaarleerders sterkte toe met hul deelname aan die kompetisies wat voorlê,” het Elzeri bygevoeg.

Marli Theunissen, Carli Rall en Kayla Smuts is aangewys as die top drie in Graad 9. Foto: Ingestuur
Werner Gabriël, Tyllin Barnard en Annamarie Bekker is aangewys as die top drie in Graad 11. Foto: Jaco-Mari Futcher
Rick van den Berg, Abigail Lombard en Meghan Kelly is aangewys as die top drie in Graad 8. Foto: Ingestuur
Cristasjha van der Linde, Charisse Visagie en Mapule Diale is aangewys as die top drie in Graad 12. Foto: Ingestuur

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button