MunicipalNews

Rappies se erge rioolprobleem onthul

Twee seuns- en dogtersbadkamers is vir die afgelope drie weke afgesper as gevolg van 'n groot rioolprobleem by Laerskool Rapportryer.

Sedert riool drie weke gelede in hul badkamers begin opstoot het, doen Laerskool Rapportryer (Rappies) alles in hul vermoë om die probleem op te los.

Volgens skoolwoordvoerder Roleen Olivier is hulle al keelvol vir die stank wat in die lug hang en boonop moes twee dogters- en seunsbadkamers afgesper word as gevolg van die rioolprobleem.

Laerskool Rapportryer se rioolprobleem begin by die hoofdrein buite die skool in Bothastraat. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die fout is by die hoofdrein buite die skool in Bothastraat. Dié drein is verstop en dit veroorsaak dat die riool in die skoolkinders se badkamers opstoot. Die munisipaliteit was verlede week by die skool om die drein skoon te suig, maar dit is steeds verstop, so daar moet ‘n groter probleem wees,” het sy gesê.

Also Read:

Riool pla inwoner al drie weke

Die riool hou ‘n groot gesondheidsrisiko vir die skoolkinders in, en dis problematies dat al die badkamers nie gebruik kan word nie. Volgens Roleen is dit vir Carel Stoop, Rappies-hoof ‘n groot prioriteit om dit reggestel te kry en hy wil dit so gou as moontlik doen.

“Ons moes die badkamers afsper vir die skoolkinders se onthalwe, maar ons hoop om die probleem gou op te los. Ons het dit al talle kere by die munisipaliteit gerapporteer, maar hulle was nog net die eenkeer hier,” het sy bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button