Opinion

‘Ons word gedemolish, ek sê vir djou!’

Ons sal in lojaliteit landsgetrou weer by die stembusse opdaag, soos redelose slagdiere wat na die slagpale gelei word sonder om te weet dat dit ten koste van hul lewens is nie.

Alle aspekte wat deur my buurtgenoot, mnr Lovelace Mathysen in die Herald geopper is in sy brief Toekies in ‘n neutedop is al oor tot irritasie, korrespondensiegewys, in ons weeklikse ‘klagtebron’ berig.

Al my profesieë rondom sabotasie, selfvernietigende aktiwiteite, ledigheid, sloerdery met dienslewering, behuisingstekorte ens ens … word nou met perfekte tydsberekening geopenbaar:

Aktiveer slegs die speel-terugkoppelaar. Ons politieke verteenwoordigers het wonderwerklik herlewe en skarrel weereens om met die kieserskorps te versoen en met hulle van naderby kennis te maak.

Man-tot-man-huisbesoeke, voedingspakkette, toelaeverhogings, orale opknappingsdienste, uitnodigings na regeringsgesellighede, en beloftes van afgesaagde vertroostende ‘Toekoms en Rus’, ‘n vyf jaarlikse algehele bekendstelling en uitkenningsparade deur die ‘sien-my-nou-en-nie-weer-brigade’.

Selfs die raarstes van die skaarsstes is weer opmerklik.

In ondankbaarheid namens alle ontstokenes: Dankie vir niks en voorspoed vir die nuwe jaar.

Ons sal in lojaliteit landsgetrou weer by die stembusse opdaag, soos redelose slagdiere wat na die slagpale gelei word sonder om te weet dat dit ten koste van hul lewens is nie.

Met vergunning en permissie die volgende aanhaling van ons taalvader, prof Adam Smal, uit Oos Wes Tuis Bes – Distrik Ses.

“Gawe ou Gabou … Pathetic Pellie… Stil ou. Dit staan nog, DJY Fancy. Hoor DJY nie die geraas van die bulldozers? Ons word gedemolish ek sê vir djou”!

Related Articles

Back to top button