NewsSchools

Riebeeckrand-groentjiekonsert met ‘n diep boodskap

Hoërskool Riebeeckrand se groentjiekonsert het die gehoor behoorlik laat lag én huil.

Trots en samesyn is die gom wat Hoërskool Riebeeckrand se leerders én oudleerders bymekaar hou.

Tydens hul onlangse groentjiekonsert op Donderdag, 24 Januarie het Riebeeckrand se nuwe groep Graad 8’s dié boodskap op ‘n komiese wyse beklemtoon.

Refentse Gqajela tydens Riebeeckrand se groentjiekonsert. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het vanjaar ‘n sterk en groot groep Graad 8’s. Ons is opgewonde om hulle te sien groei en hulle te help vorm in die groeiproses,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

‘n Groep Graad 8’s het op ‘n avontuur gegaan om die ideale hoërskool én die perfekte super power op te spoor. Tydens hul avontuur het hulle baie skole besoek en ander mense ontmoet, maar hulle het gevind dat nie een hoërskool buiten Riebeeckrand almal aanvaar nes hulle is nie.

Hayleey-Jean le Roux tydens Riebeeckrand se groentjiekonsert. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons is baie trots op ons Seniorraad, want hulle het in ‘n baie kort tydjie wondere verrig en ‘n topgehalte-groentjiekonsert op die planke gebring. Ons bedank graag al die Graad 8-ouers wat met hul kinders heen en weer na die oefeninge toe gery het. Dit is wonderlik om te weet dat die Riebeeckrand-familie jaar na jaar nuwe lede kan verwelkom en as eenheid voluit vir Riebeeckrand kan wees,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button