Local sportSport

Atletiek is sy lewe

Die vyfjarige Duran Crous wil eendag 'n top atleet wees.

Duran Crous is net vyf jaar oud, maar hy weet reeds dat hy ‘n atletiekloopbaan nastreef.

Volgens sy ma, Pricilla Crous het sy liefde vir atletiek begin toe hy in 2015 by Rappies Pre-Primêr begin het. Hy het nog met elke byeenkoms eerste gekom en hy noem homself Flash.

“Hy het vir die eerste drie jaar met elke atletiekbyeenkoms trofeë vir eerste plek gekry. Vanjaar het Rappies net medaljes uitgedeel en hy het weereens stof in sy teenstanders se oë geskop en ‘n medalje virdie eerste plek gekry,” het sy gesê.

“Duran is ‘n vreeslik ratse kabouter. Hardloop is sy lewe en van babatyd af is hardloop vir hom vet pret. Hy is ‘n baie energieke en aktiewe kind wat selde stilsit. Hy hou van sport, veral waar hy kan hardloop.”

Duran Crous, 5, hou nooit terug as dit by atletiek kom nie en hy glimlag van oor tot oor wanneer hy besef dat hy eerste oor die wenstreep is. Foto: Jaco-Mari Futcher

Duran hou nooit terug as dit by atletiek kom nie en hy glimlag van oor tot oor wanneer hy besef dat hy eerste oor die wenstreep is. Hy geniet die atletiek en is doelgerig om altyd sy beste te gee en om te wen.

“Hy sê altyd vir my dat hy moet wen, want Jesus het vir hom gesê hy kan. Ons het nou vir hom ‘n professionele afrigter gekry, want ons kan sien hy is ernstig oor atletiek. Dié afrigter glo Duran het potensiaal om ver te kom in sy atletiekloopbaan. Hy is ‘n bietjie jonk vir dié tipe afrigting, maar ek weet daar is definitief potensiaal in sy klein lyfie. Hy het vir my gesê dat hy baie opgewonde is om by die grootskool op die groot sportveld te kan hardloop wanneer hy laerskool toe gaan,” het sy ma trots gesê.

Sy ouers gaan hom regdeur sy skoolloopbaan ondersteun en elke atletiekbyeenkoms bywoon.

“Ons as ouers is verskriklik trots op die mannetjie. Ek sal alles in my vermoë doen om hom te help om sy drome waar te maak. Maak nie saak of hy wen of verloor nie, ons sal altyd sy grootste ondersteuners wees. Die trane lê altyd vlak as hy wegspring. Ons bars van trots en ons maak seker hy weet dit,” het sy gesê.

Duran weet om te wen is fantasties, maar dit is nie die einde van die wêreld as hy nie altyd eerste kom nie, solank hy sy beste gee.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button