Local newsNews

Gospelsangers maak harte oop vir Just in Time

'n Spesiale diens vir Just in Time Baby Sanctuary se behoeftes sal op 9 Maart by AGS Randgate plaasvind.

Lede van die musiekgroep Back to Worship beplan ’n spesiale diens om bewusmaking te skep vir die behoeftes van Just in Time Baby Sanctuary in Greenhills.

Die diens sal om 4nm op Saterdag, 9 Maart by AGS Randgate plaasvind. Vier musiekgroepe van Praise and Worship West Rand sal tydens die diens optree, maar die hoofdoel van die diens is om Georgina Caetano, stigter van die plek van veiligheid voor te stel en Just in Time se behoeftes met die gemeenskap te deel.

Lede van die musiekgroep, Back To Worship beplan ’n spesiale diens om bewusmaking te skep vir Just in Time Baby Sanctuary in Greenhills se behoeftes. Foto: Ingestuur

“Hier is so baie mense in die Randfontein-gemeenskap wat hul harte oopmaak vir hul medemens, en ons hoop dat ons bewusmaking mense sal aanmoedig om Just in Time te help.

“Georgina beteken so baie vir die gemeenskap, maar as ’n niewinsgewende organisasie is dit ‘n uitdaging om uitgawes te dek en seker te maak dat die kinders in haar sorg niks kortkom nie,” het Quinten van Tonder, een van die organiseerders gesê.

Quinten is ’n lid van Back to Worship en reël die spesiale diens saam met Chris Visser, wat ook deel van die groep is.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button