Local sportSport

Groener weivelde vir ons Kwagga in Skotland

Jong Randfonteiner Cristen van Niekerk is onlangs gekies vir Skotland se o.20-span vir die Sesnasies-reeks.

R’fonteiner Cristen van Niekerk het homself in Skotland tuisgemaak waar hy nou sy rugbyloopbaan voortsit.

Cristen staan ook in die gemeenskap as Kwagga bekend en hy het al in Graad 7 begin uitblink in dié sport. Hy is ‘n trotse oudleerder van Laerskool Randfontein en het sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Monument (Monnas) voltooi.

Volgens sy pa, Bubie van Niekerk, het Kwagga in die laerskool vir die Goue Leeus se o.12- en o.13-span rugby gespeel en in die hoërskool hy elke jaar sy jaargroep se A-span verteenwoordig. Hy het twee jaar vir Monnas se eerstespan, die Witbulle, uitgedraf.

Die gemeenskap ken Cristen van Niekerk as Kwagga, ‘n oud-Randfonteiner wat groot opslae in die sportwêreld maak. Foto: Verskaf

“In 2015 het hy vir die Goue Leeus se o.16-span gespeel, en in 2016 en 2017 was hy lid van die Goue Leeus se Cravenweekspan. In 2017 is hy gekies vir die Suid-Afrikaanse o.18 Skolespan wat wedstryde teen Wallis, Frankryk en Engeland gespeel het. In 2018 was hy deel van die Goue Leeus o.19-rugbyspan, maar hy het ook vir die Senior Goue Leeusspan in die SuperSport Uitdaagtoernooi gespeel. Op 18-jarige ouderdom was hy die jongste speler in dié span,” het sy pa trots gesê.

Einde verlede jaar is Kwagga deur Skotland genader om aan hul nasionale proewe vir o.20’s deel te neem.

“Kwagga kwalifiseer om vir Skotland rugby te speel want sy oupa, Hector McBeth, is in Skotland gebore. In Desember was Kwagga 10 dae lank in Skotland waartydens hy vir die Skotte teen Wallis gespeel het. Dit het hom die geleentheid gegee om die Skotte se rugbykultuur te ervaar.”

Die gemeenskap ken Cristen van Niekerk as Kwagga, ‘n oud-Randfonteiner wat groot opslae in die sportwêreld maak. Foto: Verskaf

Hy is ook deur die Glascow Warriors getrakteer op ’n egte Skotse rugbyervaring.

Kwagga het vroeër vandeesmaand die nuus gekry dat hy gekies is om vir die Skotte se o.20-span in die Sesnasies-reeks te speel en het op 19 Januarie Suid-Afrika agtergelaat om Skotland vir drie maande sy tuiste te maak.

“Hy sal na afloop van die Sesnasies-reeks in Maart terugkeer Suid-Afrika toe om weer vir die Goue Leeus te speel. Indien hy homself in die Sesnasies-reeks bewys, kan Kwagga dalk gekies word vir die Skotse o.20-span wat in Junie aan die Wêreldbekertoernooi in Argentinië gaan deelneem,” het Bubie bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button