MunicipalNews

Ons kan nie meer nie – Toekies-inwoners oor riool

'n Totaal van ses adresse in Toekomsrus sit met erge rioolprobleme.

Talle inwoners is opgeskeep met verstopte dreine en selfs rioolwater wat in hul erwe en in hul strate afloop.

Donovan Cloete, DA-raadslid in Toekies het gesê dat dié walglike omstandighede onverskoonbaar is. Hy het die Herald na ses adresse in Toekomsrus geneem waar inwoners erge rioolprobleme ervaar.

Elize Palmer wat in Rubystraat woon het gesê dat sy gereeld siek is as gevolg van die rioolwater wat in haar erf opstoot.

Charmaine Mosing woon in Rietrivierstraat en sy het vertel dat die rioolwater in die bad uitborrel wanneer die hoofdrein buite hul erf verstop word. Die rioolwater loop deur haar erf ook. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die hoofdrein in die blok word gereeld verstop en dan stoot dit op in al die erwe. Ek en al my bure ervaar gereeld presies dieselfde probleem. Wanneer ons dit rapporteer daag die munisipaliteit eers na ‘n maand op om dit reg te maak en dan maak hulle dit nie eers behoorlik reg nie, want dit gebeur weer en weer. Ek is moeg daarvoor om die munisipaliteit te betaal vir dienste wat nie gelewer word nie,” het sy gesê.

Charmaine Mosing woon in Rietrivierstraat en sy het vertel dat die rioolwater in die bad uitborrel wanneer die hoofdrein buite hul erf verstop word. Die rioolwater loop ook deur haar erf.

‘n Verstopte drein op die hoek van Diamond- en Lukwartstraat veroorsaak baie frustrasies vir dié inwoners. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Dis ‘n gesondheidsrisiko want dit kan ons almal siek maak, veral vir die kinders en die honde,” het sy gesê.

‘n Verstopte drein op die hoek van Diamond- en Lukwartstraat veroorsaak baie frustrasies vir dié inwoners. Sarah Louw woon langs ‘n speelpark in Diamondstraat en wanneer die hoofdrein verstop word, loop dit nie net deur die speelpark nie, maar voor haar huis se hek verby en selfs soms by die erf in.

“Ek voel soms soos ‘n gevangene want wanneer die drein oorloop kan ons nie die hek gebruik nie. Die munisipaliteit sê heeltyd dis my probleem, maar dit kan nie wees nie, want die drein in my erf loop nooit oor nie. Dis die hoofdrein buite die erf en as gevolg daarvan kan my kleinkinders nie meer buite speel nie, want alles is besmet met riool.”

‘n Verstopte drein op die hoek van Diamond- en Lukwartstraat veroorsaak baie frustrasies vir Sarah en Hassian Louw. Foto: Jaco-Mari Futcher

Dieselfde hoofdrein se rioolwater loop deur drie huise in Lukwartstraat af. Ellen Williams en Sheila Mienie het self ‘n plan probeer maak om die riool met pype en leivore deur hul erf te lei sonder dat dit oor die hele erf loop.

‘n Huis in Visrivierstraat het ook gereelde rioolprobleme.

Donovan het gesê dat hy gefrustreerd raak, want dit maak nie saak hoeveel keer hy dié probleme rapporteer nie, die munisipaliteit los dit nie op nie.

Charmaine Mosing woon in Rietrivierstraat en sy het vertel dat die rioolwater in die bad uitborrel wanneer die hoofdrein buite hul erf verstop word. Die rioolwater loop deur haar erf ook. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ek neem hulle nie kwalik nie, want ek weet hulle het nie finansies vir menslike hulpbronne en die nodige toerusting nie, maar die inwoners van Toekomsrus kan nie so leef nie. Die rioolprobleme is nie ‘n eenmalige verskynsel nie Van dié mense kla al vir meer as 10 jaar en niks word daaraan gedoen nie. Al wat ek as raadslid kan doen is om dit te rapporteer en wanneer ek die munisipaliteit se trok in Toekomsrus sien, vat ek hulle na al die huise waar daar probleme is.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button