NewsSchools

Vet pret by Rammies se huissport

Laerskool Randfontein het die atletiek met boeresport gekombineer om dit vir die Graad 1's pret te maak.

Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs ‘n spesiale huissportdag vir die nuwe Graad 1’s gehou.

Op Maandag, 14 Januarie het dié nuwe Rammies gehardloop, spiesgegooi en selfs gewiggestoot om hul atletiese vermoëns te demonstreer.

In plaas van regte spiese het Ram se Graad 1’s sponsspiese gebruik. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Dit is baie oulik, want ons kombineer die atletiek met boeresport om dit vir hulle pret te maak. In plaas van regte spiese, gebruik ons sponsspiese en die leerders gooi lemoenpamoentjies in die gewigstoot,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Die Rammies het met groot opwinding aan die onderskeie items deelgeneem en die sakresies was ‘n groot treffer. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die leerders het met groot opwinding aan die onderskeie items deelgeneem en die sakresies was ‘n groot treffer. Trotse ouers het die middag saam met die Rammies geniet en hulle aangespoor vanuit die pawiljoen.

“Daar was uitdunne en aan die einde van die dag is trofeë aan die wenners uitgedeel. Dié huissportdag is elke jaar ‘n hoogtepunt in die skool se dagboek,” het sy bygevoeg.

Die Rammies het met groot opwinding aan die onderskeie items deelgeneem en die sakresies was ‘n groot treffer. Foto: Jaco-Mari Futcher
Ram se Graad 1’s het lemoenpamoentjies in die gewigstoot gegooi. Foto: Jaco-Mari Futcher
In plaas van regte spiese het Ram se Graad 1’s sponsspiese gebruik. Foto: Jaco-Mari Futcher
Ram se Graad 1’s het gehardloop, spiesgegooi en selfs gewiggestoot om hul atletiese vermoëns tydens die onlangs huissport te demonstreer. Foto: Jaco-Mari Futche
In plaas van regte spiese het Ram se Graad 1’s sponsspiese gebruik. Foto: Jaco-Mari Futcher
In plaas van regte spiese het Ram se Graad 1’s sponsspiese gebruik. Foto: Jaco-Mari Futcher
Ram se Graad 1’s het lemoenpamoentjies in die gewigstoot gegooi. Foto: Jaco-Mari Futcher
Laerskool Randfontein het die atletiek met boersport gekombineer om dit vir die Graad 1’s pret te maak. Foto: Jaco-Mari Futcher
Ram se Graad 1’s het gehardloop, spiesgegooi en selfs gewiggestoot om hul atletiese vermoëns tydens die onlangs huissport te demonstreer. Foto: Jaco-Mari Futcher

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button