MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Westonaria se grootste gat?

VIDEO: 'n Groot gat het oornag langs 'n besigheid in Van Der Bijlstraat in Westonaria ingeval.

‘n Muur en duur toerusting het oornag in ‘n groot gat langs ‘n besigheid in Van Der Bijlstraat in Westonaria ingeval.

Volgens Bill Coote, een van die werknemers van die Timrite-fabriek het die sekuriteitswag die gat net na 6nm op Sondag, 13 Januarie opgemerk.

Die munisipaliteit is tans besig om die water uit die gat te pomp sodat hulle die fout kan opspoor. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Volgens die sekuriteitswag was die gat [gisteraand] nog nie vol water nie, maar was toe alreeds baie diep. Die muur asook van ons toerusting het daarin geval. Die gat is nou so diep en vol water dat ons dit nie eers kan sien nie. Ongelukkig val die grond steeds in en nog toerusting kan dalk daarin beland,” het Bill gesê.

Volgens Bill het die fabriek reeds groot skade gely, maar hulle was verlig dat die munisipaliteit vinnig gereageer het.

‘n Muur en duur toerusting het oornag in ‘n groot gat langs ‘n besigheid in Van Der Bijlstraat in Westonaria ingeval. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Dit lyk soos ‘n sinkgat, maar dit is nog nie bevestig nie. Hulle kon nog nie die fout kry nie, maar ek twyfel of dit regtig ‘n sinkgat is. Ons het ‘n week gelede ‘n waterlek op die eiendom laat regmaak en ek vermoed dat dit tot nog ‘n lek gelei het wat die grond laat inval het. Ons was reeds lank sonder water en elektrisiteit en die muur kan nog nie reggemaak word nie, dus is die fabriek is ‘n teiken vir misdadigers,” het hy gesê.

Die munisipaliteit is tans besig om die water uit die gat te pomp sodat hulle die fout kan opspoor. ‘n Gedeelte van Van Der Bijlstraat is afgesper omdat daar nog nie met sekerheid gesê kon word of die pad veilig is nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button