Local newsNews

‘n Onvergeetlike Kersmark

Die Hervormde Kerk Sionspoort se Kersmark was oudergewoonte ‘n treffer onder die hele gemeenskap.

Vir die afgelope 17 jaar hou die Hervormde Kerk Sionspoort ’n baie gewilde Kersmark. Vanjaar het dit oor twee dae – Vrydag, 30 November en Saterdag, 1 Desember – plaasgevind.

Die Kersmark is oudergewoonte op die kerkterrein gehou en die hele gemeenskap het die kos en unieke geskenke geniet.

Die Hervormde Kerk Sionspoort se Kersmark was oudergewoonte ‘n treffer onder lede van die hele gemeenskap. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens ds Johan van Staden, die gemeente se leraar, was die hoogtepunte van die Kersmark definitief die hoëkwaliteit handgemaakte geskenke wat teen baie bekostigbare pryse te koop was.

“Ons gedagte is dat mense sommer by die Kersmark oulike en goedkoop Kersgeskenke kan koop. Ons reël ‘n basaar saam met die Kersmark sodat almal kan lekker eet terwyl hulle koop. Daar was ook speletjies en kompetisies om die kinders te vermaak,” het hy gesê.

Elsje Snyman, Danie Smith en Esther Dreyer het smullekker kerrie en rys tydens die Kersmark verkoop. Foto: Jaco-Mari Futcher

Buiten die oulike handgemaakte Kersgeskenke en aktwiteite was daar ook ‘n teetuin, musiek en kosstalletjies wat pannekoek, worsrolletjies en tradisionele kerrie en rys verkoop het.

“Alles word verskaf deur mense uit Randfontein se gemeenskap. Dié naweek is elke jaar ‘n treffer en elke jaar is dit ‘n groter sukses as die vorige keer.”

Die gemeente het die feesnaweek afgesluit met ’n Kerssangdiens op Sondag, 2 Desember waartydens die gewilde Natasha Joubert saam met die gemeente se koor opgetree het. Die gemeente het ook tydens Desember ‘n groot gemeenskapsprojek in ‘n poging om terug te gee aan die gemeenskap.

At Stander en Koos Venter het vir heerlike worsrolletjies tydens die Kersmark gesorg. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ek wens elke Randfonteiner ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe. Ek hoop dat die feesseisoen vrede sal bring en dat almal die spesiale tyd saam met familie kan geniet,” het Johan bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button