Opinion

Vroue en Kindergeweld: Moet nie stil bly nie

Die gemeenskap en veral kerke word gevra om paraat te wees en gevalle aan te meld.

Van 25 November tot 10 Desember word die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders (365 volgens die Evangelie van Wawa) jaarliks wêreldwyd gepaardgaande met Menseregte-, Vigs- en Kinderdag geloods.

Enrique Bhana en sy werkspan is vasberade om die aanslae en stilswye in dié verband te verbreek. Huishoudelike geweld ruk hand uit, veral gevalle waar kinders hul hande oplig vir hul weerlose ouers, hoofsaaklik oor hul regeringstoelae.

Slegs deur algemene samewerking en bewusmaking kan hierdie euwels uit die samelewing verwyder word. Daar bestaan vele instansies waar gevalle aangemeld kan word. Hier is dit:

• Geslagsgebaseerde geweld – 0800 150 150

• Seksuele teistering – 011 403 0541

• Prokureurs vir menseregte – 011 339 1960

• Kindersteungroepe – 0800 055 555

• Wawa – 011 693 4504

Die gemeenskap en veral kerke word gevra om paraat te wees en gevalle aan te meld. Statistieke van gesingsgeweld is op nasionale vlak onrusbarend, daarom moet almal die Herald dophou vir optogte, vergaderings en vooruitsigte.

Related Articles

Back to top button