Local newsNews

Wawa maak stem dik oor mensehandel

Mans wat slagoffers van mensehandel is word vir die res van hul lewens as slawe in ander lande gebruik en die meeste vroueslagoffers word as prostitute gebruik terwyl hulle bedwelm word.

Mensehandel is ‘n donker realiteit wat baie mense regoor die wêreld in die gesig staar.

Mense van alle ouderdomme, geslagte en kulture word ontvoer en misbruik. Women Against Women and Child Abuse (Wawa) in Toekomsrus het op 21 November dié realiteit asook die gevaartekens van mensehandel met die gemeenskap gedeel.

“Mans, oud en jonk, word ontvoer en vir die res van hul lewens as slawe in ander lande gebruik. Die meeste ontvoerde vroue word as prostitute gebruik terwyl hulle bedwelm word. Dis ‘n donker en siek situasie waaruit die meeste van die slagoffers nooit kan ontsnap nie. Ek dink nie die gemeenskap besef hoe ernstig dit is nie,” het Charity Losper, ‘n Wawa-berader gesê.

Lees ook:

Wawa to address human trafficking issue

Die doel van dié geleentheid was om die mense van Toekies bewus te maak oor die gevare, want hoewel daar nie enige gevalle van mensehandel in die omgewing aangemeld is nie, beteken dit nie dat dit nie gebeur nie.

“Daar is drie elemente van mensehandel, naamlik werwing, vervoer en uitvoer. As ons die gevaartekens raaksien, kan ons mensehandel al by die eerste element stopsit.

Daar is verskeie maniere hoe mense gewerf word. In sommige gevalle sal ouers gedreig word om hul kinders te oorhandig en in ander gevalle bied die werwer vals werksgeleenthede aan. Hierdie mense lyk soos ek en jy; dis jong dames en mans en selfs vriendelike tannies en ooms, daarom moet mens eerder niemand vertrou nie.”

Volgens Charity word mense op treine, busse en in winkelsentrums gewerf vir die doeleindes van mensehandel. Dit gebeur so vinnig dat mens te laat besef wat besig is om te gebeur. Charity het gesê dat mense veral versigtig moet wees wanneer hulle vir ‘n werksonderhoud gaan .

“Ek hoop dat almal wat teenwoordig was, die woord kan versprei sodat ons saam mensehandel kan bekamp,” het Charity gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button