NewsSchools

Riebeeckrand wys hul top kultuurpresteerders aan

Hoërskool Riebeeckrand bied 12 verskillende kultuuraktiwiteite vir hul leerders aan en hulle het in 2018 op verskeie vlakke op kultuurgebied uitgeblink.

Hoërskool Riebeeckrand se leerders het in 2018 op verskeie vlakke op kultuurgebied uitgeblink. Die skool bied 12 verskillende kultuuraktiwiteite vir hul leerders aan.

“Met topklas-afrigting wat deur die skool aangebied word, word die leerders se talente verder ontwikkel en presteer hulle ook uitstekend by verskeie kompetisies,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Tydens die jaarlikse kultuurprysuitdeling in Oktober het Riebeeckrand se leerders erkenning ontvang vir leierskap en prestasies in verskeie kultuuraktiwiteite. Tydens dié glansaand was die saal volgepak met trotse ouers.

“Hoërskool Riebeeckrand is trots op elke leerder wat deur die jaar getrou hul oefeninge bygewoon het, toekennings ontvang het en deurentyd hul beste gegee het.”

Devonique Breedt, ’n Graad 9-leerder het tydens dié geleentheid bo die kultuurpresteerders as veelsydigste kultuurleerder uitgestaan. Sy het altesaam vyf trofeë ontvang – vir Beste Junior Redenaar in Huistaal, Beste Junior Redenaarspan, Best Junior Public Speaker, Best Junior Public Speaking Team en Veelsydigste Kultuurleerder vir Graad 9.

Die ander veelsydigste kultuurleerders was Marli Theunissen (Graad 8), Tyllin Barnard (Graad10), Danielle Olivier (Graad 11) en Ju-hanie Wilken (Graad12).

“Hoërskool Riebeeckrand het in 2018 homself onderskei as ‘n uitmuntende skool met ‘n groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite en prestasies,” het Elzeri bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button