NewsSchools

Ram se juniors beloon vir harde werk

Laerskool Randfontein se leerders het tydens hul prysuitdeling met talle kultuur- en sportpryse weggestap. Die skoolhoof se Ambassadeursbalkie was 'n nuwe toevoeging tot die prysuitdeling.

Laerskool Randfontein (Ram) se juniorleerders het tydens hul prysuitdeling met talle kultuur-en sportpryse weggestap.

Ram het die prysuitdelingsfunksies van 29 Oktober tot 1 November vir die Graad 1’s tot 3’s aangebied.

Heinrich Obermeyer sy vier Kultuurtrofeë en vier Erekleure-toekennings. Foto: Ingestuur

Onder die bekwame leiding van Annie Nolan en Annelien Bezuidenhout is daar aan leerlinge erkenning gegee vir hul harde werk deur die jaar. Vanjaar se prysuitdelings was van besonderse hoë gehalte en ware spoggeleenthede.

Die saal is pragtig versier, spesiale programme met ‘n groepfoto van die spesifieke graad is gedruk en die trofeë is blink gepoets vir die spoggeleenthede. Soos die gewoonte is by Ram word die prystoekenningsbeleid jaarliks aangepas en vernuwe om aan die leerlinge die nodige erkenning te gee.

“Nuwe toevoegings tot die prysuitdeling is die skoolhoof se Ambassadeursbalkie wat toegeken word aan ‘n leerling wat op ‘n besonderse manier Laerskool Randfontein se naam buite skoolverband hoog hou en uitdra. Die balkie kan slegs een keer tydens ‘n leerling se laerskoolloopbaan toegeken word,” het Annie gesê.

Sebastian Pretorius met sy toekennings, waaronder die Ambassadeursbalkie. Foto: Ingestuur

Hierdie balkie is toegeken aan Heinrich omdat hy die Algehele Junior Wenner by Raca was. Shaylin Potgieter het ook dié balkie ontvang vir haar eerste plek by Talent America. Dit is voorwaar ‘n eer en moet met trots gedra word.

Duné Parrot het die toekenning vir Beste Sportprestasie vir 2018 verwerf vir haar uitstekende prestasie in landloop. Sebastian Pretorius, ‘n Graad 2-leerder het vanjaar twee keer Erekleure en twee keer Buitengewone Erekleure verwerf vir Talent Africa, Skryfkuns en Redenaars. Daarby het hy ook vier trofeë onvang, waarvan Beste Junior Kultuurleerling sekerlik die beste is.

Menige van Ram se leerders het aan die SkryfNet-skryfkompetisie deel geneem. Jasper Kritzinger het ‘n eerste plek behaal en Buitengewone Erekleure verwerf, terwyl Sebastian weer uitgeblink het en ‘n tweede plek behaal het en Erekleure ontvang het.

Vanjaar was voorwaar ‘n jaar van baie eerstes. Magdaleen Ernst is in die Gauteng o.13-dogterskrieketspan opgeneem en het Buitengewone Erekleure ontvang vir dié besonderse prestasie. Sy het ook met die trofee vir die Beste o.8-krieketspeler en Beste Junior Skaakspeelster weg gestap.

“Die hoof en personeel van Ram is uiters trots op al die leerlinge se pragtige prestasies. Welgedaan Rammies! Volgende jaar maak ons weer so,” het Annie bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button