MunicipalNews

VIDEO: Inwoners stort tuinvullis in vlei

'n Raadslid van die Randgate-area vra dat inwoners nie hul tuinvullis in die vlei in Uniestraat stort nie.

Dooie bome en ander tuinvullis bedek die munisipale grond by die vlei in Uniestraat, Randgate.

Sina Erasmus, DA-raadslid van die area het gesê dat sy al drie keer dié vullis aan die munisipaliteit gerapporteer het sodat dit verwyder kan word. Sy het ook inwoners gemaan dat hulle nie die grond vir dié doel mag gebruik nie.

“Die vullisstorting is onwettig en buiten die tuinvullis gaan inwoners dit binnekort as ‘n stortingsterrein vir alle soorte vullis begin gebruik. Dis onooglik en is besig om tot ‘n groter probleem te lei,” het sy gesê.

Volgens Sina moet inwoners die dorp se aangewese stortingsterrein vir alle soorte vullis gebruik.

“Ek verstaan dat dit baie gevaarlik by die stortingsterrein is, maar daar is nou sekuriteit. Inwoners het dus geen verskoning om hul vullis enige ander plek te stort nie, want hoewel die munisipaliteit die dorp netjies moet hou, moet al die inwoners ook hul kant bring,” het sy gesê.

Volgens Sina kla inwoners gereeld dat die wyk nie netjies genoeg is nie, maar dis die inwoners self wat die vullis strooi waar dit nie hoort nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button