School sportSport

Riebeeckrander ‘n top ruiter

Daar is niks wat Sunica van Wyk nie van perdry weet nie.

Sunica van Wyk, ‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Riebeeckrand het gedurende die skoolvakansie haar skool en Gauteng by die Sanesa Western Mounted Games in Parys verteenwoordig.

Sunica het heel skaflik vertoon in Vlak 4 en het ‘n tweede plek in Suid-Afrika behaal. Sy is as Reserwe Kampioen aangewys.

Sunica van Wyk het ‘n 2de plek in Suid Afrika behaal vir Reserwe Kampioen Vlak 4. Foto ingestuur

“Daar was altesaam 30 ruiters in dié afdeling. Haar tweede plek landswyd laat vir Sunica van oor tot oor glimlag. Sy het ook talle ander prestasies behaal,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesê.

Sy het ‘n eerste plek in Poles 1 behaal, ‘n tweede plek in Poles 2, ‘n derde plek in Big T en Quadrangle, ‘n vierde plek in Birangle en ‘n vyfde plek in Barrel Race. Sy het ook saam met haar span die prestasie van algehele Hoërskool Span B-wenners Vlak 4 behaal.

Riebeeckrand is baie trots op hul uitblinker Sunica. Dit is wonderlik om te sien hoe leerders hul talente uitleef en floreer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button