School sportSport

Almal gee als by Ram-huissport

Die hoogtepunt van die byeenkoms is wanneer die ouers en onderwysers teen mekaar aflos hardloop.

Leerders, ouers én onnies was baie kompeterend tydens Laerskool Randfontein (Ram) se huissport-atletiekbyeenkoms wat op 12 Oktober op hul sportveld gehou is.

Volgens Rickus Kruger, Ram-atletiekorganiseerder word dié byeenkoms gewoonlik vroeg in die jaar gehou, maar hulle het besluit om dit voortaan aan die einde van die skooljaar te hou om die atlete goed voor te berei vir die komende seisoen.

Ram het die geesbeker teruggebring en drie spanne, naamlik die Gemsbokke, die Elande en die Koedoes het daarvoor meegeding. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die leerders neem vandag deel aan baan- en velditems. Die hoogtepunt van die byeenkoms is egter wanneer die ouers en onderwysers teen mekaar aflos hardloop. Dis elke jaar groot pret,” het hy gesê.

“Ons het ook die geesbeker teruggebring. Die drie spanne, naamlik die Gemsbokke, Elande en Koedoes ding mee vir dié beker en die beoordeling word streng volgens ‘n rubriek gedoen. Ons kyk byvoorbeeld na gees, kleredrag en deelname,” het Rickus gesê.

Monique Viviers het haar hart uitgehardloop tydens Ram se huissport. Foto: Jaco-Mari Futcher

Ram is een van die min skole in die gebied was spiesgooi en diskus vir o.12’s en o.13’s aanbied. Rickus het gesê hulle rig die atlete daarin af om hulle voor te berei vir die hoërskool.

Lewellyn Harmse en Mariska Marks is tydens die byeenkoms aangewys as onderskeidelik victor en victrix ludorum. Die Elande het die geesbeker gewen. Ram is ook baie trots op Sharon Swart wat die o.12-gewigstootrekord verbeter het.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button