Local newsNews

‘Onbekende’ groep reik uit na behoeftige R’fonteiners

'n Pretdag en meer is onlangs deur 'n onbekende groep by die Randgate-biblioteek gehou vir behoeftige mense in Randfontein.

As deel van ‘n informele uitreikprojek na behoeftiges in die dorp het ‘n groep barmhartige R’fonteiners ‘n pretdag by die Randgate Biblioteek gereël. Daar was lekker kos, vermaak én ‘n plaaslike sterkman.

Op Saterdag, 13 Oktober het pastoor Desmond Wessels en ‘n groep inwoners hande gevat om fondse in te samel. Een van die liefdadigheidswerkers, Tersia de Lange, het hul werk so verduidelik. “Ons help 12 behoeftige gesinne in Randfontein deur hierdie uitreikprojek en elke tweede Woensdagaand reik ons uit na haweloses. Elke tweede Saterdag het ons ‘n stalletjie by Randgate Spar waar ons sop en brood vir die publiek uitdeel,” het Tersia gesê.

Die hoogtepunt van die dag was toe Riaan von Vollenstein van Westonaria ‘n brandweertrok met 6 000 liter water daarin gesleep het. Foto: Ingestuur

“Werk is skaars en hier is baie mense in die dorp wat swaarkry, dus staan ons saam en probeer help waar ons kan. Ons kan dit nie doen sonder ons borge se bydraes nie. Vandag het ons kosstalletjies, die sterkman wat ‘n brandweertrok gaan sleep, Spur en Panarottis van Carletonville se gelukbringers, en ‘n gesigverfstalletjie.”

Die hoogtepunt van die dag was toe Riaan von Vollenstein van Westonaria ‘n brandweertrok met 6 000 liter water daarin gesleep het.

Goedhartige R’fonteiners het fondse ingesamel om uit te reik na behoeftiges in die omgewing. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Ongelukkig het die reënweer baie mense van ons byeenkoms af weggehou. Riaan het egter nie dat dit in sy pad staan nie. Die kinders het ook ‘n rit op die brandweertrok gekry,” het Tersia gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button