NewsSchools

Rappies reik uit na minderbevoorregte dogters

Nagenoeg 60 jong dogters het gebaat by die Graad 6-leerders se Ubuntu-uitreikprojek.

Laerskool Rapportryer se Graad 6-leerders het weereens vanjaar hul Ubuntu-uitreikprojek ten volle uitgeleef.

‘n Hele paar instansies het daarby baat gevind.

“’n Paar van ons leerders en Mariska Coetzee verteenwoordig die Annebel Foundation in Randfontein. Ongeveer 60 jong dogters word maandeliks deur die Anebel Foundation versorg deur persoonlike benodigdhede aan hulle te voorsien,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.

“Ons vra dat enige iemand wat ‘n bydrae tot die Annebel Foundation wil maak, vir Mariska by 082 576 1418 of mariska.rft1@hotmail.com sal kontak. Beverley Brandt bedank elke leerder wat ‘n bydrae tot die projek gemaak het. Julle is werklik staatmakers,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button