NewsSchools

VIDEO: ’n Lewe na matriek … (Riebeeckrand)

Hoërskool Riebeeckrand se matrieks van 2018 is reg om die grootmenswêreld te betree.

Die nuwe jaar het uiteindelik aangebreek en dit beteken dat R’fontein se matriekleerlinge binnekort die werksplek gaan betree of gaan studeer.

Die Herald het by Hoërskool Riebeeckrand gaan kuier om uit te vind wat die 2018-matrieks se toekomsplanne behels.

Kyk hier:

Hoewel Larisha van Wyk, Hoërskool Riebeeckrand se hoofdogter vir 2018 haar alma mater baie gaan mis, sien sy daarna uit om soggens ‘n bietjie later te kan slaap.

“Ek wil graag ’n danser word en ek wil dié sport in Randfontein bevorder.

Larisha van Wyk, Hoërskool Riebeeckrand se 2018-hoofdogter.

Renaldo Liut, Hoërskool Riebeeckrand se hoofseun vir 2018, is opgewonde om ’n pastoor te word.

“Ek het ’n passie daarvoor om die Here se Woord te versprei, maar ek gaan Riebeeckrand baie mis en ek sal altyd my herinneringe by dié skool koester,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button