Local newsNews

‘Was dit nie vir die gemeenskap nie het ons alles verloor’

Selfs mense wat die Liut-gesin van geen kant af ken nie, het hand bygesit toe hulle grasdak vlamgevat het.

’n Praghuis in Leeustraat in Greenhills is nou onbewoonbaar nadat die grasdak een Saterdagmiddag in September vlamgevat het.

Mandie Liut en haar seun, Renaldo woon tans tydelik by familie. Renaldo, ’n matriekleerder by Hoërskool Riebeeckrand was besig met rekordeksamen en hoewel hul lewens deur die ramp omvergegooi is, doen hulle hul bes om ten spyte van die ontwrigting voort te gaan.

Sy vermoed dat die brand deur ’n veldbrand agter hul huis veroorsaak is. Sy het ook gesê dat die waterskade erger as die brandskade is, want die huis het ‘n houtstruktuur en die duisende liters water wat gebruik is om die brand te blus, het alles verder beskadig.

Lees ook:

Gas heater nearly burned down my house – owner

“Ek kan nie beskryf wat deur my kop gegaan het nie en ek dink nie ek het al ooit in my lewe so baie gehuil nie. My bors is nog seer van al die rook, maar niemand het ernstige gesondheidsprobleme oorgehou of beserings opgedoen nie.”

Mandie Liut en haar seun Renaldo se grasdakhuis is onbewoonbaar nadat dit Saterdag, 8 September in ‘n brand beskadig is. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Ek het hoop vir die dorp, want hier is soveel goeie mense. Mense wat ons nie eers ken nie het alles waarmee hul besig was gelos om te kom help. Hier was families, jongmense en ou mense, en mense van alle rasse. Niemand het vrae gevra nie, almal het net ingespring en begin help. As dit nie vir die gemeenskap was nie, sou die huis tot op die grond afgebrand het,” het Mandie bygevoeg.

Volgens Renaldo het dit vier uur geneem om die brand met hul boorgatwater te blus. Daar was twee brandweerwaens op die toneel. Hulle moes hope gras uit die dak trek, want dit het bly smeul.

“My ma het my gebel toe sy agtergekom het dat die huis brand, en sy was histeries. Ek en my vriende het van ‘n plot in Middelvlei af gejaag tot hier. Vier van my vriende het kom help. Bure, familie, EPR en Mapogo Sekuriteit het ook kom help om die vuur te blus en om goed uit die huis te dra. Iemand het die drie honde wat in die erf was, veearts toe gevat om seker te maak hulle is nie beseer nie.”

Mandie Liut en haar seun Renaldo se grasdakhuis is onbewoonbaar nadat dit Saterdag, 8 September in ‘n brand beskadig is. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens Nico Kahts van die munisipaliteit se Noodbestuursdienste, was die waarskynlike rede waarom die vuur ontstaan het ‘n veldbrand wat versprei het as gevolg van die weersomstandighede.

“Die brandweer het om 1.13nm op die toneel aangekom en om 4.55nm na die stasie teruggekeer. Die sigbare vlamme is binne 15 minute na aankoms uitgewis, maar die res van die tyd is gebruik om die gras uit die dak te trek om te verseker dat die vuur nie smeul nie. Volgens die verslae is alles in ooreenstemming met praktyk gedoen en die gemeenskapslede het die nooddienste op die toneel gehelp,” het hy gesê.

Hy waarsku egter dat mense in die geval van ‘n huisbrand nie die huis moet binnegaan nie, maar eerder nooddienste skakel en wag tot hulle op die toneel is.

“As ‘n brand in jou huis ontstaan, moet jy onmiddellik uitkom en die brandweer by 011 951 3000 skakel. In so ‘n geval sal dit ideaal wees om ‘n gebeurlikheidsplan te hê sodat elke persoon in die huishouding weet wat hy of sy moet doen.”

Mandie Liut en haar seun Renaldo se grasdakhuis is onbewoonbaar nadat dit Saterdag, 8 September in ‘n brand beskadig is. Foto: Jaco-Mari Futcher

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button