Local newsNews

Mev R’fontein ook ‘n finansiële adviseur

Dalien Steenkamp, Mev Randfontein 2018 en ’n span finansiële adviseurs het onlangs Hoërskool Riebeckrand se gholfdag vir 'n goeie doel bygewoon.

Dalien Steenkamp, Mev Randfontein 2018 is ’n finansiële adviseur wat glo dat die sleutel tot sukses gemeenskapsbetrokkenheid is.

Dalien werk vir die Futurus Financial Wealth Group, ’n afdeling van Momentum en haar hoofdoel is om vir elke kliënt toegang tot finansiële welstand te bied deur akkurate advies spesifiek vir hul individuele behoeftes te gee.

“Ons as franchise was betrokke by die gholfdag-fondsinsameling ten bate van Hoërskool Riebeeckrand.

Dit was ook ‘n wonderlike geleentheid vir bemarking om die publiek sowel as jong mense bewus te maak van die erns van gesonde finansiële beplanning,” het Dalien gesê.

“Alhoewel ons beroep ‘n somber ondertoon het, is dit baie belangrik dat ons elke dag in en om die gemeenskap betrokke is. Ongelukke gebeur, siektes word gediagnoseer, mense kry seer en word beroof, maar as ‘n finansiële plan in plek is, behoort die trauma die slagoffer se enigste kwelling te wees,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button