MunicipalNews

Rioolnagmerrie vir Toekies-familie

'n Toekomsrus-familie sit met 'n rioolprobleem in hul erf wat 'n gesondheid- sowel as veiligheidsrisiko is

Milida Klaaste woon al twee jaar in haar huis in Peerstraat maar die ernstige rioolprobleem wat sy tans ervaar het eers drie maande terug kop uitgesteek.

“Die deksel van die drein in my erf het ingeval én die drein loop oor. Die rioolwater is al amper enkelhoogte en dit dam op by my hek en by my voordeur, en ek moet daardeur loop,” het sy gesê.

Lees ook:

Riool pla inwoner al drie weke

Hoewel die munisipaliteit reeds telkemale die drein kom oopmaak het – minstens een maal per maand – was die probleem na ‘n paar dae net weer terug.

“Elke keer loop die drein vir byna ‘n week lank oor voordat die munisipaliteit opdaag – net om ’n draad in die drein te druk. ‘n Paar dae later moet ek dit weer rapporteer.”

Milida het gesê dat die probleem ’n gesondheid- en ‘n veiligheidsrisiko is.

Die rioolwater is al amper enkelhoogte en dit dam op by die hek en die voordeur, en Milida Klaaste moet daardeur loop. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die probleem beïnvloed my gesondheid, my werk en my huishouding. Die rioolwater maak my baie siek en ek was laasweek by die kliniek. Die feit dat die drein nie ‘n deksel het nie en net met ‘n plank toegemaak is, is vir my ‘n bron van groot kommer. Wanneer ek vir die munisipaliteit wag om die drein te kom oopmaak, moet ek vir hulle die hek ooplos as ek werk toe gaan en dan kom kinders in die erf in. Hulle speel in die rioolwater en ek is bang dat een van hulle by die mangat inval.”

Hoewel die rioolprobleem nie permanent opgelos word nie, ontvang Milida elke keer ‘n rekening omdat die werkers daarvoor uitgekom het. “Die munisipaliteit doen nie hul werk behoorlik nie, maar as ek nie betaal nie kry ek ‘n groen brief.”

Sy het die probleem by ’n raadslid gerapporteer met die hoop dat hy haar kan help om die probleem permanent op te los. Milida se buurman, Macdonald Pieterse, het die probleem ook gerapporteer.

“Die riool beïnvloed my huishouding ook, want riool slaan deur die vloer en dit gaan in die fondasie in,” het hy gesê.

Die rioolwater is al amper enkelhoogte en dit dam op by die hek en die voordeur, en Milida Klaaste moet daardeur loop.. Foto: Jaco-Mari Futcher

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button