Opinion

Skeidsregterfluitjies teen misdaad in Toekies

Alle genoemde kwesbare weduwees op ons hoek is tot verligting hieroor ingelig en gaan beslis in dié verband met Wawa saamwerk.

Toekies se straathoeke is oral heen met misdadigheid geteister tot vervelens van die vredeliewendes.

Hierenteen het Wawa, onder leiding van Enrique Bhana, met ‘n briljante misdaadbewusmaking-kampanje vorendag gekom om die rampokkers aan die kaak te stel: skeidsregterfluitjies.

Op Vrydag 28 September is gegriefde inwoners en oplettende kinders met hierdie teenvoeter by hul kantoor toegerus. Charity Losper, rigtersvrou van genoemde instansie, het die gemeenskap breedvoerig ingelig oor die volgende knellende aangeleenthede – veilige plekke, dwelmmisbruik, sportaktiwiteite en ‘n gesonde lewenstyl.

Gekwelde persone is genooi om by Wawa te kom kers opsteek en met voorleggings vorendag te kom aangesien ons woonbuurt in ‘n algehele verval verkeer. Huisinbrake en diefstal is aan die orde van die dag en polisiëring het opmerklik verslap.

Enrique is hewig ontstel oor die sloerdery rondom die binnemuurse sportkompleks en swembaddens, daarom het die jeug hulle onvermydelik tot die strate gewend aangesien daar geen ander afleiding bestaan nie.

Hy reken dat meer onwettige stortingsterreine skoongeskraap en aangepas kan word vir sokkerdoeleindes, byvoorbeeld reg naas die Ebenaezer Kerk. Rommelstrooiery het afgeneem aangesien die sokkerspelers nou self hul speelterrein versorg en die morsjorse met ‘verkykers’ betrag. Dis waar die fluitjies ‘n rol gaan speel.

Alle genoemde kwesbare weduwees op ons hoek is tot verligting hieroor ingelig en gaan beslis in dié verband met Wawa saamwerk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button