NewsSchools

Little Angels se kleurvolle Lentedag

Die Little Angels Dagsorgsentrum in Greenhills het die begin van die nuwe seisoen op 'n unieke wyse gevier.

Little Angels Dagsorgsentrum het Lentedag met groot opwinding vir die nuwe seisoen gevier.

Volgens Chevonne Buitendag, eienaar van dié dagsorgsentrum het hulle Lentedag op Vrydag, 31 Augustus, op ‘n baie unieke wyse gevier.

Strauss Williamson in sy kleurvolle Lentedag-uitrusting. Foto: Ingestuur

“Soos gewoonlik het al die kleuters en ons personeel Lentedag-uitrustings aangetrek om die nuwe seisoen uit te beeld, en ons het ook in elke ouderdomsgroep ‘n Mnr en Mej Lentedag gekies,” het sy gesê.

Palisa Moloi, Ellen Morapedi, Demi Morton, Gwen Sakati en Emily Morapedi in hul vrolike Lentedag-uitrustings. Foto: Ingetsuur

“Ons het plantjies geplant om die nuwe seisoen te vier. Die kleuters het ook boontjies in watte gesit om te ontkiem. Hulle gee dit elke dag water en die doel is dat hulle kan sien hoe plantjies groei. Dit was ‘n baie kleurvolle en vrolike lente-oggend,” het Chevonne bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button