Die kleuters van Little Angels Dagsorgsentrum het nie ‘n ridder op ‘n wit perd nodig nie, want hulle glo in alledaagse helde.
Volgens Chevonne Buitendag, eienaar van dié dagsorgsentrum het die skool Loslitdag gevier deur soos ons alledaagse helde aan te trek. Kleuters het die dag met groot opwinding en breë glimlagte by die skool opgedaag, uitgevat soos hul gunsteling superhelde en karakters. Daar was iets van alles – vanCaptain America tot Prinses Anna van Frozen-faam en selfs ‘n Minnie Muis.
“Die kinders was almal baie opgewonde om soos hulle gunsteling helde te kon aantrek en almal was bly om die dag te kon vier,” het Chevonne gesê.
Die hoogtepunt van dié dag se vieringe was die feit dat hulle die dagsorgsentrum vir gestremde kinders in Randfontein, die Rainbow Daycare Centre, kon ondersteun deur hul Loslitdag-plakkers by hulle te koop.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!