Riebeeckrand slaan barshou op gholfdag
Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse gholfdag is met baie entoesiasme deur inwoners van die dorp en plaaslike besighede bygewoon.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/09/Fotos035_32599.jpg)
Hoërskool Riebeeckrand het op Vrydag, 7 September hul jaarlikse gholfdag by die Randfontein Gholfbaan aangebied en dié geleentheid was ‘n groot sukses.
Volgens Janco Tiedt, Hoërskool Riebeeckrand se sportbestuurder word die gholfdag jaarliks met baie entoesiasme deur inwoners van die dorp en plaaslike besighede bygewoon.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/09/Fotos040_83400-520x390.jpg)
“Die gholfdag is jaarliks ‘n groot fondsinsameling vir die skool en ons is baie dankbaar vir almal wat vanjaar weer deel was daarvan,” het hy gesê.
“Dit is iets waarna mense jaarliks uitsien. Hier heers ‘n goeie gees en almal geniet dit. Hier is verskeie stalletjies van die skool asook besigheide van Randfontein en elkeen bied iets anders, soos oulike kompetisies of iets om te eet of drink vir die gholfspelers,” het Janco gesê.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/09/Fotos042_10771-520x390.jpg)
Die borge wat dié dag moontlik gemaak het, is Lepat Boerdery, Jonrik Mining and Engineering. en Galileo Risk Insurance.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!