School sportSport

Rappies se landlopers presteer

Op Saterdag 25 Augustus het 15 landlopers aan die D2-kampioenskappe by Laerskool Millenium deelgeneem.

Laerskool Rapportryer het tydens die onlangse D2-kampioenskappe stof in hul opponente se oë geskop.

Op Saterdag 25 Augustus het 15 landlopers aan die D2-kampioenskappe by Laerskool Millenium deelgeneem.

“Ons is trots om aan te kondig dat vier van Rappies se landlopers gekies is om op Saterdag 1 September aan die Gauteng

Kampioenskappe by Hoërskool Suiderlig in Vanderbijlpark deel te neem. Baie geluk aan die leerders wat in die D2-landloopspan opgeneem is. Stephen Joubert en Dean v Rooyen het die o.9S-span gehaal, Leshia Pio is in die o.10D-span, en Liesl Pio is in die o.13D-span ingesluit,” het Roleen Olivier, woordvoerder van Rappies gesê.

Ander leerders wat ook onder die eerste 20 landlopers tydens dié byeenkoms geëindig het, is o.9D: Heleena Marneweck, o.9S: Jasin Breedt, en o.12D: Marzaan Mellett.

“Al die ander leerders het ook hul beste gegee en baie goed gehardloop. Ons is baie trots op hulle! Ons hoop om volgende jaar weer te kan probeer en nog beter te presteer. Baie sterkte aan Stephen, Dean, Leshia en Liesl. Ons hou styf duimvas vir die Gauteng Kampioenskappe,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button