Local sportSport

Pretdag vir motorentoesiaste by Randfontein Oval Renbaan

Die motorskou het op 25 Augustus voortgegaan ondanks die feit dat die Dyno-dag uitgestel is.

Die Randfontein Oval Renbaan het die afgelope naweek ‘n motorskou en Dyno-dag aangebied.

Ongelukkig kon die span wat die Dyno-dag sou aanbied as gevolg van onvoorsiene gebeure nie daar wees nie, maar die motorskou het nietemin voortgegaan.

Soos enige ander 14-jarige seun was Jacques Engelbrecht in die wolke toe hy dié motors gewaar het. Foto: Jaco-Mari Futcher

Plaaslike motorentoesiaste het hul spogmotors vir die publiek ten toon gestel.

“Die motorskou het ongelukkig nie verloop soos ons gehoop het nie, want veranderinge aan die planne rakende die Dyno-dag het die bywoning geaffekteer,” het Marilize Coetzee, een van die promotors van Randfontein Oval Renbaan gesê.

Kyle Oosthuizen, 14, kyk na die motor se binneruim. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het nog nie ‘n nuwe datum vir die Dyno-dag nie, maar ons gaan binnekort weer so ‘n geleentheid reël sodat mense hul motors se perdekrag kan kom toets,” het sy gesê.

Randfonteiners kan ook uitsien na die Endurance Race and Mini Quarter Mile wat op 8 September om 6nm by die baan gaan plaasvind.

Die uitslae van Saterdag se wedrenne is as volg:

– Hotrods: Eerste was Kevin Barker met Martin Nel Jnr tweede en Jeandre Venter derde

– 2100’s: Eerste was Gideon v Zyl met Chrisjan Morgenrood tweede en Heinrich Hartman derde

– 1660’s: Eerste was Ruan de Lange met Helgard Westraad tweede en Tinkie Botes derde

– Stockrods: Eerste was Gert Kruger met Esté Lubbe tweede en Simoney Barkhuizen derde

– V-Rods: Eerste was Marilize Coetzee met Sam East tweede

– Sidecars: Eerste was Kallie Britz met Konrad Britz tweede

– Rookies: Eerste was Simoney Barkhuizen met Tinkie Botes tweede

– Ninjas: Eerste was Martin Nel Jnr

– Flexi’s: Eerste was Ben Morgenrood met Deon Coetzee Snr tweede

– Kiddies: Eerste was Tommy Witherspoon Jnr Jnr met Gavin East tweede

– 16V Midgets: Eerste was Tiaan Flynn

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button