Local newsNews

Motorfietsryers jol vir swembad-slagoffertjie

Tristan Sellwig wat op die ouderdom van drie jaar amper verdrink het, gaan binnekort weer Indië vertrek toe om vir ‘n derde keer ‘n stamseloorplanting te ondergaan.

Motorfietsryers het saam met die Sellwig-gesin gekuier om fondse in te samel vir die Tristan Angel Trust.

Tristan Sellwig, 6, wat op die ouderdom van drie jaar amper verdrink het, gaan binnekort Indië toe om vir ‘n derde keer ‘n stamseloorplanting te ondergaan. Motorfietsryers in die omgewing het gehelp om fondse daarvoor in te samel.

Volgens Tristan Sellwig se ma, Chantal, help stamseloorplantings met sy herstel en rehabilitasie. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens Tristan se ma, Chantal, help dié behandeling met sy herstel en rehabilitasie. Na die vorige twee behandelings was daar reeds verbetering ten opsigte van breinaktiwiteit en hy kan nou sy arms en sy nek beweeg.

Lees ook:

Goeie nuus oor Tristan na swembadongeluk

“Hy ontvang die behandeling in Indië, want volgens ons ervaring is dié spesifieke behandeling meer gevorderd daar as in Suid-Afrika. Ons samel fondse in om as gesin saam met Tristan te gaan om hom te ondersteun tydens sy behandeling,” het sy ma gesê.

Paul, Tristan se pa het verduidelik dat die verskil tussen die behandeling in Suid-Afrika en dié in Indië is dat die dokters in Indië Tristan se eie stamselle gebruik. Volgens hom het Tristan se breinfunksionaliteit na sy vorige behandelings reeds van agt persent tot 25 persent toegeneem.

Soos enige jong seun het Tristan ‘n groot liefde vir motorfietse en hy het baie breed geglimlag toe ‘n paar ysterperde op 25 Augustus voor hul huis gestop het. Volgens Chantal is motorfietsklubs altyd baie gretig om te help met die fondsinsamelings vir Tristan.

Motorfietsryers het saam met die Sellwig-gesin gekuier om fondse in te samel vir die Tristan Angel Trust. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hulle vertrek op 28 September Indië toe vir Tristan se derde behandeling. Tristan se boetie, Paul, gaan ook saam met sy ouers om vir Tristan te ondersteun.

“Ons is baie positief dat die volgende stamseloorplanting hom nog meer sal laat verbeter,” het Chantal gesê.

Kontak asseblief vir Paul by 083 963 2095 of stuur ‘n epos na paul@multiflora.co.za vir inligting oor donasies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button