Opinion

Kookklas verander outistiese kind se lewe

Ek is julle vir altyd dankbaar en ons gemeenskap moet weet van hierdie engel in ons midde ...

Vandag lê iets op my hart en ek moet dit met my gemeenskap deel.

Ek maak my kleinseun, wat outisties is, groot en dit is ‘n groot uitdaging vir my op my ouderdom.

Nadat vele wat buitemuurse aktiwiteite aanbied nie kans gesien het vir die uitdaging nie het ek my kleinseun by Petite Chef Kookskool vir kinders ingeskryf …

Daar gekom is ons so warm ontvang. Aanvanklik het my kleinseun bietjie onseker gelyk maar ‘tannie Ta’ – soos hy die juffrou noem – het sy gesiggie tussen haar twee hande gevat, en dit is wat sy gesê het (ek was in trane): “Kyk vir tannie in my oë. Jy is mos nou my kosbaarste pêrel en vir jou sal ek koester.”

Net daar het my kind se lewe voor my oë verander. Hy wil net kookklas toe.

‘Juffrou Ta’, jy is ‘n ongelooflike en merkwaardige mens met ‘n hart van goud. Petite Chef, baie, baie dankie dat jy so mooi na my kind kyk en hom leer. Ek is julle vir altyd dankbaar en ons gemeenskap moet weet van hierdie engel in ons midde …

Related Articles

Back to top button