NewsSchools

Kultuur is Riebeeckrand se passie

Die twee tonneelgroepe wat aan die ATKV-tienertoneelkompetisie deelgeneem het, het met altesaam 27 toekennings weggestap.

Hoërskool Riebeeckrand is al jare bekend vir hul veelsydige kultuurtalent en hope kultuuraktiwiteite wat daar aangebied word.

Volgens Elzeri Wright, Riebeeckrand se woordvoerder het die skool vanjaar weer geskiedenis gemaak met talle kultuurprestasies en deelname aan verskeie feeste en kompetisies.

“In Julie het twee toneelgroepe, Verlore Generasie en Bomskok, aan Hoërskool Noordheuwel se Toneelfees deelgeneem. Verlore Generasie was in die Top 6 van dié toneelfees en het met groot skole soos Helpmekaar, Menlopark en Potch Gimnasium meegeding,” het Elzeri gesê.

Dié twee toneelgroepe het ook aan die ATKV-tienertoneelkompetisie deelgeneem.

“Hulle het met altesaam 27 toekennings weggestap en ook ‘n A en ‘n A+ by Op Die Planke Toneelfees verower,” het sy bygevoeg.

Riebeeckrand spog graag met hul vier top toneelafrigters, Annelize Erasmus, Varuska Denysschen, Leona Esterhuyse en Sanette Smith. Dié vier personeellede kweek ‘n liefde vir kultuur onder die leerders en ontgin talente wat die gehoor verbaas en vermaak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button