Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #76 – Boet Snyman

Die Herald ontmoet die 76ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Boet Snyman is 62 jaar oud en woon sedert 1961 in Randfontein. Hy is ’n besigheidsman, familieman, fiksheidfanatikus en ’n man van God.

“Ek is die eienaar van die Muscle and Fitness Academy en pastoor by Betesda Bedieninge,” het Boet vertel.

Oefening is vir hom baie belangrik. Hy hou daarvan om met gewigte te oefen en om mense te help om hul postuur reg te ontwikkel en om oor die algemeen gesond te lewe.

“Ek is baie lief vir die werk van die Here en ek preek graag voor groot gehore,” het hy bygevoeg.

Dié familieman is ook baie lief vir sy vrou en kinders, en hulle motiveer mekaar om hul volle potensiaal te bereik.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button