Local newsNews

Randpoort Tuiste vier Vrouedag saam met DA

Sina Erasmus het handgemaakte geskenkies aan vroue-inwoners van Randpoort Tuiste uitgedeel.

Sina Erasmus het op 8 Augustus saam met die vroue van Randpoort Tuiste gekuier om Vrouedag te vier.

Sina, wat ook die DA-raadslid vir dié wyk is, het vir die vroue handgemaakte geskenkies uitgedeel en hulle bederf met heerlike vingerhappies en tee.

Annatjie von Ronge was baie opgewonde oor die hangemaakte geskenk wat sy ontvang het. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Wat ’n vrou spesiaal maak is die omgee, die liefde en die bedagsaamheid. Ek dink vroue kan baie goeie leiers wees omdat hulle met hul harte lei en altyd meelewing met die mense om hulle betoon,” het Sina gesê.

“Ek dink ’n vrou speel ’n baie belangrike rol in die lewe en daarom wou ek saam met Randpoort Tuiste se vroue kuier en die tyd saam met hulle geniet. Dit is in my wyk en al die mense is baie spesiaal vir my,” het Sina gesê. “Ek gee baie om vir bejaardes.”

Sina Erasmus het handgemaakte geskenkies aan vroue-inwoners van Randpoort Tuiste uitgedeel. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die middag was propvol pret en die vroue het speletjies gespeel en ’n kompetisie gehou.

“Sina is vir ons almal baie spesiaal. Ons ken haar al baie lank,” het Annette Fourie, een van die inwoners gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button