School sportSport

Jannas in aksie vandag in Virseker Beker!

Drie van Jannas se rugbyspanne gaan vandag in die kwarteindstryd van die Virseker Beker in aksie wees.

Drie rugbyspanne van Hoërskool Jan Viljoen is vandag (4 Augustus) in aksie in die kwarteindstryd van die Virseker Beker.

Die o.14’s gaan om 9vm met Brandwag kragte meet terwyl die o.15’s om 10vm teen Brits in aksie sal wees. Die o.16’s –die Parabats, soos hul bekendstaan – sal in die laaste wedstryd om 11vm vir Sasolburg aandurf.

“Jannas hoop en glo ons maak dit weer drie uit drie wenwedstryde vandag,” het Tammy Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button