Local newsNews

Nog hulp vir families met verslaafdes

Nuwe ondersteuningsgroep vir mense met verslaafdes in hul lewe.

Mense met geliefdes wat met verslawings saamleef word na die byeenkomste van die Al-Anon-familie-ondersteuningsgroep in Randfontein genooi.

Dié ondersteuningsgroep bied die geleentheid vir mense in die gemeenskap om oor hul probleme te praat en om hulp te kry sonder om veroordeel te word. Die byeenkomste is anoniem.

Jacky Nel en Sarie Oosthuizen, die fasiliteerders van dié byeenkomste, het albei self al iemand in hul lewens gehad wat verslaaf was.

“Dit maak nie saak of iemand in jou familie aan drank, dwelms of selfs aan dobbel verslaaf is nie, dit is steeds ’n verslawing en dit het ’n impak op almal om hulle,” het Jacky gesê.

Jacky het reeds voorheen die Al-Anon-program deurloop en sy glo vas dat dit ’n verskil in die lewens van verslaafdes se familielede kan maak.

Sarie het gesê dat dit nie noodwendig ouers is wat met verslaafde kinders moet saamleef nie, maar baie mense sorg vir hul ouers of broers en susters wat verslaaf is.

“Al vereiste om by die ondersteuningsgroep aan te sluit is dat jy ‘n verslaafde in jou lewe moet hê. Hier is ’n ondersteuningsgroep vir verslaafdes, maar daar is ’n behoefte aan ’n soortgelyk groep vir hul families, want hulle het ook soms hulp nodig,” het Sarie gesê.

Die ondersteuningsgroep se doel is om mense te help om hul geliefdes se verslawing te verstaan, patrone raak te sien en om vir hulle die gereedskap te gee om nie deur verslaafdes gemanipuleer te word nie.

Die byeenkomste gaan by die Hervormde Kerk, Sionspoort plaasvind, maar dit is nie ’n Christen-groep nie. “Almal wie se lewens deur ’n verslaafde geraak word, is welkom,” het Sarie bygevoeg.

Vir meer inligting oor die byeenkomste, kontak Jacky Nel by 084 926 9220 of vir Sarie Oosthuizen by 082 774 1954.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button