![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/07/1_90395.jpg)
Hoërskool Riebeeckrand het op Mandela Dag hul harte oopgemaak vir karwagte en minderbevoorregte mense in die dorp.
Victor Basson, Franco Venter en Erishe Visagie, Riebeeckrand se klas-VRL dagbestuur het vir 67 minute elkeen met ‘n koppie warm koffie bederf.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/07/5_98513-520x390.jpg)
Elzeri Wright, die skoolwoordvoerder het gesê, “Dit is dikwels snerpend koud buite en die karwagte staan elke dag getrou op hul poste om ons karre op te pas terwyl ons met ‘n geruste hart inkopies doen.
“Dit was vir ons lekker om terug te ploeg in die gemeenskap en om ‘n glimlag op ons medemens se gesig te sien wanneer hulle met dankbaarheid die koffie ontvang het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/07/9_35810-520x390.jpg)
“Ons sien daarna uit om volgende jaar weer 67 minute terug te ploeg in ons gemeenskap. Ons leerders geniet dit en word verryk deur sulke ervarings.”
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!