NewsSchools

Riebeeckrander deur na ATKV-finaal

Hoërskool Riebeeckrand spring op en af nadat een van hul Graad 11-leerders tot die eindstryd van die ATKV-redenaarskompetisie deurgedring het.

Pasop ATKV Buffelspoort, Hoërskool Riebeeckrand se spraakboffin, Monique Pienaar, is op pad.

Dié Graad 11-leerder het op Vrydag, 8 Junie ‘n tweede plek in die Addisionele Taal-afdeling by die ATKV-redenaarskompetisie se semifinale ronde behaal.

Monique het met die puik prestasie gekwalifiseer om op Vrydag, 17 Augustus aan die nasionale finale ronde van die kompetisie by ATKV Buffelspoort deel te neem.

Volgens skoolwoordvoerder Elzeri Wright is dit vanjaar die eerste keer dat Monique aan ‘n redenaarskompetisie deelneem.

“Dit is wel die sesde keer dat ‘n Riebeeckrander aan die nasionale finale ronde gaan deelneem. Ons is baie trots op Monique wat haar talente ontgin. Ons wens haar ook sterkte toe met haar deelname aan die finale ronde van dié redenaarskompetisie.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button