Local newsNews

Hokaai, stadig oor die stopstrate!

Stopstrate bestaan figuurlik nie in Randfontein nie! Dit is so erg dat 'n petisie by die munisipaliteit ingedien gaan word om meer spoedhobbels in sekere areas op te rig.

Padveiligheid is regoor Suid-Afrika ‘n bekommernis.

Wat Randfontein aanbetref het Siena Erasmus, ‘n DA-raadslid, juis onlangs onthul dat talle motors nie by stoptekens in die dorp stop nie.

Dit is so erg dat sy ’n petisie by die munisipaliteit gaan indien om meer spoedhobbels in sekere areas op te rig om die toenemende aantal ongelukke te voorkom.

‘n Groep raads- en komiteelede het op 11 Julie inwoners voor Randgate Spar en die tuisnywerheid oorkant die pad genader om die petisie te teken. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons gaan ’n petisie indien om spoedhobbels by die stopstrate in Botha- en Stegmanstraat asook rondom die skool op te rig om motoriste te forseer om te stop. Dit is die tweede keer wat ons ’n petisie loods om spoedhobbels rondom Laerskool Rapportryer op te rig, want die munisipaliteit het nie op die vorige een gereageer nie,” het Erasmus gesê.

’n Groep raads- en komiteelede het op 11 Julie inwoners voor Randgate Spar en die tuisnywerheid oorkant die pad genader om die petisie te teken. Die petisie vra die Randwes-munisipaliteit om spoedhobbels om Laerskool Rapportryer in Lazarlaan by die hoek van Stegman- en Bothastraat asook rondom die eiland op die Ventersdorp-pad in Randgate op te rig.

Lees ook: Hou by die wet en voorkom ongelukke

Volgens Erasmus vind daar talle ongelukke plaas as gevolg van motoriste wat teen ’n hoë spoed oor stopstrate ry. Sy brei uit deur te sê dat dit ’n baie algemene probleem is en dat raadslede van ander wyke ook binnekort petisies daaroor gaan loods.

Erasmus het gesê dat hulle vir die derde keer ‘n petisie gaan indien indien dié een ook nie suksesvol is nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button