Local newsNews

#VatDitRustigVrydag: Wat is op R’fonteiners se kassies dié naweek?

Met die koue front wat ons getref het en nog koue weer op pad het die Herald gaan uitvind wat mense dié naweek gaan doen ...

Die yskoue weer gaan meeste mense dié naweek onder komberse voor hul TV’s laat sit.

Die Herald het Vrydag gaan uitvind waarna die inwoners van Randfontein dié naweek op televisie gaan kyk.

“My gesin gaan die hele naweek sokker kyk. Ons het nie ’n span vir wie ons skreeu nie, maar ons is groot aanhangers van die sport,” het Sandy Ramaya van Office Park gesê. Sy geniet die aksie van sokkerwedstryde.

Sandy Ramaya van Office Park gaan dié naweek sokker kyk. Foto: Jaco-Mari Futcher

Buhle Mathenjwa van Greenhills gaan dié naweek ’n rillerfliek-maraton hou. “Ek hou van rillers en ek gaan die naweek al die nuuste rillerflieks soos A Quiet Place en IT kyk.”

Vir Daniel Grobler van Helikonpark lê daar ’n aksiebelaaide naweek voor. “Ek gaan na die nuwe Rampage- en Tomb Raider-flieks kyk.”

Daniel is ’n groot aanhanger van videospeletjies en het al die speletjies gespeel waarop dié flieks gebaseer is. “Ek wil sien hoe die flieks met die videospeletjies vergelyk,” het hy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button