Local sportSport

Weet Jou Ma Jy Spin lok groot skare

Die Weet Jou Ma Jy Spin se jaarlikse familiepretdag in Jachtfontein op Saterdag, 30 Junie was 'n groot trekpleister.

Ouma en oupa, ma en pa, boetie en sussie én die buurman het saam gekuier by die Weet Jou Ma Jy Spin? se jaarlikse familiepretdag op Saterdag, 30 Junie.

Die pretdag is gehou by die Lido Country Lodge se spin-bane, Vaatjie se Plek, wat vernoem is na Vaatjie Kunene, een van hul gewildste spinners.

Om voertuigwiele in die strate te laat tol (spin) is teen die wet, maar Lido Country Lodge verskaf ’n spesiale fasiliteit sodat mense al hul truuks op ’n wettige wyse kan kom uithaal. Daar is nooit enige tekort aan toeskouers of deelnemers vanuit die gemeenskap nie.

Verskillende kulture en gemeenskappe het bymekaar gekom om dié motorsport te geniet. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens Charmaine Schade, een van die organiseerders is tollende wiele ‘n trekpleister vir duisende.

“Spinning speel eintlik ‘n groot rol in sekere kulture. Mense het die persepsie dat dit slegs bendelede is wat aan hierdie tipe aktiwiteit deelneem, maar in die bruin gemeenskap spin mense by begrafnisse om eer te betoon aan die persoon wat dood is,” het Charmaine verduidelik.

“Hier by Weet Jou Ma Jy Spin? gaan dit oor soveel meer as net wiele wat spin. Verskillende kulture, gemeenskappe en verskillende ouderdomme kom bymekaar om dié motorsport te geniet.”

Charmaine se seun is baie betrokke in die spinning-gemeenskap en daarom probeer sy ’n platform skep waar hulle kan doen waarvoor hulle lief is. Vaatjie se Plek het ’n professionele blad, kuipe vir elke spinner se bemanning en ’n hoop ekstra bande omdat daar gereeld bande op die baan bars.

“Die toeskouers juig wanneer iemand ’n band laat bars,” het Charmaine bygevoeg.

Daar is baie standaarde waaraan so ’n baan moet voldoen. Weet Jou Ma Jy Spin? is by Motorsport Suid-Afrika geregistreer en alle voertuigbestuurders moet gekwalifiseer wees om seker te maak dat hulle weet wat hulle op die baan doen. Daar het agt spanne aan Saterdag se pretdag deelgeneem.

“Ons wil graag die persepsie rondom spinning verander,” het Charmaine gesê.

Daar was dié dag ook baie ander vermaak, soos ’n speelplek vir kinders, perdritte, helikopterritte, musiek en kosstalletjies.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button