Local sportSport

Dertien gouemedaljes vir plaaslike dansers

Dansstudente kry 13 goue medaljes en twee beurse na New York.

Balletstudente van die Melissa Badenhorst Dance Studio het onlangs baie goed presteer tydens die jaarlikse American Performance Awards.

Die toekennings word internasionaal erken.

Volgens Melissa Badenhorst, eienaar en dansinstrukteur van die ateljee, was die dansoptredes baie pret vir die dansers én die toeskouers.

Dit was vir die dansers ‘n bonus om met soveel toekennings weg te stap.

“Dit is van kardinale belang dat studente die geleentheid kry om hul tegniese vermoëns en verhoogpersoonlikhede te demonstreer in ‘n niemededingende omgewing,” het Melissa gesê.

Gouemedaljes is aan 13 van Melissa se studente toegeken en twee van hulle, Caitlin de Sousa en Isabella de Sousa, het beurse van The American Ballet Academy ontvang. Hulle gaan in 2019 ‘n somerskool in New York bywoon.

Christelle Vosloo, Oratile Kgenwe, Lailah Matthews, Nicole Willemse, Caitlin, Delané J van Vuuren, Isabella, Chelné Olivier, Krana Potgieter, Abigail Potgieter, Wyntah Blokdyk, Anais Weeks en Carla van de Westhuizen het gouemedaljes ontvang.

Christelle Vosloo, Oratile Kgengwe, Lailah Matthews, Nicole Willemse, Caitlin de Sousa, Delané J van Vuuren, Isabella de Sousa, Chelné Olivier, Kiana Potgieter, Abigail Potgieter, Wyntah Blokdyk (nie op foto: Anais Weeks), Carla vd Westhuizen). Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button