School sportSport

Riebeeck klop Jannas in hul agterplaas

Massas toeskouers het opgedaag om na die kragmeting op die rugbyveld tussen Riebeeck en Jannas te kyk. Uitslae hier ...

Dit het goed gegaan met die seniorspanne van Hoërskool Riebeeckrand toe hulle en Hoërskool Jan Viljoen op Saterdag, 2 Junie op die rugbyveld kragte gemeet het.

Die eerste- en tweedespan van Riebeeckrand het met oorwinnings van onderskeidelik 34–17 en 38–0 gespog. Die o.14-, o.15- en o.16-span moes ongelukkig die knie buig met tellings van onderskeidelik 76–0, 40–0 en 29–14.

Massas toeskouers het soos gewoonlik opgedaag om na veral die eerstespanwedstryd te kyk. Foto: Pieter van der Merwe

Volgens Elzeri Wright, Riebeeck-skoolwoordvoerder is rugbywedstryde tussen die twee skole ‘n groot gebeurtenis in die dorp.

Vanjaar het die kragmetings op Jannas se sportgronde plaasgevind. Massas toeskouers het soos gewoonlik opgedaag om na veral die eerstespanwedstryd te kyk.

“In dié wedstryd het Riebeeckrand eerste punte aangeteken en die voorsprong deurentyd behou. Ons het van die begin af balbesit gedomineer en reeds halftyd 29–5 voorgeloop. Dit was ‘n puik wedstryd vol spanning onder toejuiging van begin tot einde. Een van die uitstaande drieë is deur ons eie Gerhard Vorster gedruk nadat hy van sy eie doellyn af regdeur gehardloop het,” het Elzeri gesê.

Riebeeck se eerstespan het vyf drieë gedruk en hul losskakel, Kyle Storm, het met vier van sy sewe skoppe geslaag. Hy is ook as speler van die wedstryd aangewys.

Ander uitslae is as volg:

• Riebeeckrand o.14’s 0–76 Jan Viljoen

• Riebeeckrand o.15’s 0–40 Jan Viljoen

• Riebeeckrand o.16’s 14–29 Jan Viljoen

• Riebeeckrand-tweedespan 38–0 Jan Viljoen

• Riebeeckrand-eerstespan 34–17 Jan Viljoen

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button