NewsSchools

Riebeeckranders op TV!

Dit sal later vanjaar op VIA kanaal 147 uitgesaai word.

Lisa Huisman, Marline Laubscher en Christy Duvenhage van Hoërskool Riebeeckrand is gekies vir die tweede seisoen van My Matriekafskeid.

Hoërskool Riebeeckrand is een van 13 skole in Gauteng waaruit leerders vir dié TV-reeks gekies is.

Die drie Riebeeck-dogters se matriekafskeidreis gaan gevolg en verfilm word, en later vanjaar op VIA kanaal 147 uitgesaai word.

“Hoërskool Riebeeckrand sien met opgewondenheid uit om dié reis met hulle mee te maak. Ons is trots op ons eie dogters,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button