Opinion

Gee my krag!

Hoe kan mens sonder krag klaarkom?? En dit vir dae aaneen.

Inwoners van ‘n landgoed in Westonaria is al sonder krag van Donderdagoggend af. Dit is nou al amper 60 uur later en ons is steeds sonder krag en sonder antwoorde.

Van die inwoners in ons kompleks het longprobleme en is afhanklik van suurstofmasjiene. Hulle het al meer as R300 se brandstof op kragopwekker spandeer en het moed opgegee en na hul kinders in Johannesburg gegaan. Daar is ook mense met babas onder ses maande en klein kinders wat gebad en gevoer moet word.

Hoe kan mens sonder krag klaarkom?? En dit vir dae aaneen.

As mens hulle skakel het hulle elke keer ‘n ander antwoord. Dan kry hulle nie die probleem nie, dan sal die krag vir seker vanaand aan wees. Ons almal is nou al raadop.

Moet ons ook maar bande en klippe in die pad pak en begin toi-toi?? Hoe gemaak?

Related Articles

Back to top button