Local newsNews

R’fontein se eerste talentkompetisie

Daar is nie 'n ouderdomsbeperkings vir deelnemers aan die spesiale talentkompetisie nie.

Bettie van Wyngaard, 21, speel al ‘n rukkie met die gedagte om Randfontein se eerste talentkompetisie te hou. Sy het besluit dat die tyd nou daarvoor ryp is.

Bettie wil haar eie musiekgroep begin, maar sy wil die hele gemeenskap betrek. Sy glo daar skuil baie talent in Randfontein. Bettie en haar ma Annatjie, sing albei en is op soek na musikante, dansers en sangers.

Daar is nie ‘n ouderdomsbeperkings vir deelnemers aan die spesiale talentkompetisie nie. Van jonk tot oud is welkom.

Die kompetisie gaan begin met oudisies, dan ‘n gala-aand en dan die finale kompetisie. ‘n Gaskunstenaar gaan by die gala-aand optree.

Daar is eerste, tweede en derde plekke, maar volgens Bettie sal die persone wat nie ‘n plek kry nie, wel op ‘n manier deel wees van die groep. Bettie doen ook fotografie, en die persoon wat eerste eindig sal ‘n gratis fotosessie kry.

Bettie dra dié kompetisie aan haar pa, Matt van Wyngaard op. Hy is ‘n jaar gelede oorlede nadat hy lank siek was. Bettie en haar ma het eers onlangs weer kans gesien vir sing. Hulle sing veral country-musiek, maar bied ook iets vir elkeen se smaak.

Die Herald sal die gemeenskap op hoogte hou waar en wanneer die oudisies plaasvind.

Skakel vir Bettie by 061 472 0060 vir meer besonderhede. Gaan loer ook op haar Facebook-blad Randfontein’s got talent.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button